Roy Orbison

Roy Orbison
Orbison in 1965
Gebore
Roy Kelton Orbison

23 April 1936
Vernon, Texas, V.S.A.
Sterf6 Desember 1988 (op 52)
Hendersonville, Tennessee, V.S.A
Beroep
  • Sanger-liedjieskrywer
  • musikant
Webwerfroyorbison.com
[[Lêer:{{{signature}}}|128px|class=skin-invert]]

Roy Kelton Orbison (23 April 19366 Desember 1988) was 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en musikant wat bekend is vir sy emosiebelaaide sangstyl, ingewikkelde liedstrukture en donker, intense ballades. Sy musiek is destyds deur kritici vergelyk met operastukke, wat aan hom die byname "Die Caruso van Rock" en "The Big O" verleen het. Baie van Orbison se liedere dra 'n gevoel van weerloosheid oor, in teenstelling met sy manlike tydgenote wat 'n gevoel van "machismo" wou oordra. Hy het gewoonlik tydens sy opvoerings bewegingloos gestaan, en swart klere gedra saam met sy gekleurde swart hare en donker sonbril; laasgenoemde het hy gedra om sy teruggetrokkenheid en skugterheid teen te werk.

Orbison is gebore in Texas, en het reeds as tiener in 'n "rockabilly" en "country-en-western" "band" begin sing. Hy het in 1956 'n kontrak aangegaan met Sam Phillips van Sun Records, maar het egter sy grootste sukses behaal met die plaatetiket Monument Records. In die tydperk 1960 tot 1966 het 22 van Orbison se enkelspelerplate die Billboard Top 40 behaal. Hy het byna al sy grootste treffers (Top 10) self of saam met iemand anders geskryf, insluitende "Only the Lonely" (1960), "Running Scared" (1961), "Crying" (1961), "In Dreams" (1963), en "Oh, Pretty Woman" (1964). Van sy ander belangrike liedjies sluit in "Blue Angel", "It's Over", "I Drove All Night", "Leah", "A Love So Beautiful", "Blue Bayou" en "You Got It."

In die middel van die 1960's het 'n aantal persoonlike tragedies Orbison getref, en sy loopbaan het ook daaronder gely. In die 1980's het sy gewildheid egter weer skerp toegeneem na die sukses van verskeie "cover versions" van sy liedjies. In 1988 is hy medestigter van die Traveling Wilburys ('n rock supergroep), saam met George Harrison, Bob Dylan, Tom Petty, en Jeff Lynne. Orbison sterf tragies in Desember 1988 op die ouderdom van 52 aan 'n hartaanval. 'n Maand later is "You Got It" (1989) vrygestel as 'n enkelspeler. Dit was sy eerste treffer in byna 25 jaar wat die VSA en VK se Top 10 trefferlyste bereik het.

Orbison is in 1987 in die Rock and Roll Hall of Fame en Nashville Songwriters Hall of Fame, in 1989 in die Songwriters Hall of Fame, en in 2014 in die Musicians Hall of Fame and Museum ingesluit. In 2002 het die Billboard-tydskrif hom as no. 74 gelys op hul lys van die Top-600 opnamekunstenaars van alle tye.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search